Welkom by Groeipyltjie Digitale Speelgroepie

'n Prettige, leersame program om aanlyn tuis te volg. Propvol aktiwiteite wat ouderdomsgepas is vir Pyltjies van geboorte tot 24 maande.

Dit sal jou help om jou Pyltjie tuis te stimuleer en sluit video klasse oor die volgende onderwerpe in:

  • Aktiwiteite wat fokus of motoriese vaardighede, hand-oog koördinasie, ruimtelike bewustheid, kognitiewe ontwikkeling, emosionele en sosiale gereedheid, sensoriese verkenning en liggaamsbewustheid
  • Morsspel
  • Taalontwikkeling
  • Klankherkenning en ouditiewe geheue
  • Magietyd (0-6 maande)
  • Babamassering (0-6 maande)
  • Boekies lees riglyne
  • Vrolike liedjies
  • Jesus liedjies
  • Rympies
"Kinders is ’n gawe van die Here;
die vrug van die moederskoot
is ’n beloning. Soos pyle
in ’n krygsman se hande,
so is seuns gebore in ’n mens se jeug. Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is."


- Psalm 127:3-5

Onseker oor die program?


Kyk gerus na hierdie video klasse om te sien hoe die speelgroepie aangebied word.


Hierdie voorbeelde bied vir jou die geleentheid om seker te maak dat jy van die video formaat klasse hou voordat jy dit aanskaf. Dit sluit voorbeelde in vir al die ouderdomsgroepe.


Speel gerus lekker saam terwyl julle na hierdie gratis klasse kyk

Voorbeeld aktiwiteit: 0-3 maande

Voorbeeld aktiwiteit: 3-6 maande

Voorbeeld aktiwiteit: 6-9 maande

Voorbeeld aktiwiteit: 9-12 maande

Voorbeeld aktiwiteit: 12-15 maande

Voorbeeld aktiwiteit: 15-18 maande

Voorbeeld aktiwiteit: 18-21 maande

Voorbeeld aktiwiteit: 21-24 maande

Dagsê, ek is Estelle

Mammahart agter Groeipyljtie

Die geboorte van ons Pyltjie, 'n pragtige en bedrywige seuntjie, het gelei tot die ontwikkeling van hierdie aanlyn speelgroepie. Alhoewel ek 'n gekwalifiseerde bedryfsingenieur is, is dit vir my 'n groot voorreg om saam met hom tuis te wees en sy ontwikkeling met hom te deel.

My inspirasie vir hierdie speelgroepie is my hart vir Mammas. Ek verstaan hoe alleen dit kan raak sonder grootmens geselskap. Hoe oorweldig mens kan voel wanneer 'n bedrywige lyfie heeldag besig gehou moet word. En ook hoe groot verantwoordelikheid dit is om jou kind se ontwikkeling in jou eie hande te neem.

Omdat ek verstaan het ek eers my instagram profiel @groeipyltjie begin, idees en aktiwiteite op my webtuiste YouTube begin deel en nou ook hierdie tuisbly speelgroepie begin. Ek hoop julle speel sommer baie lekker saam!

Daar is ook 'n weeklikse program en inkopielys wat jy kan aflaai en uitdruk as verwysing.

En hope gratis uitdrukbare hulpbronne.

Sluit aan by ons Aanlyn Speelgroepie


Klik gerus op die "Kies jou program hier" knoppie om die lys van alle programme te sien.

“Groeipyltjie is 'n fenomenale platform waar mammas baie nuwe en innoverende idees vir hul kleintjies kan bekom! Ek en my tweeling het baie baat gevind by hierdie wonderlike mamma wat haar aktiwiteite met die wêreld deel! Dankie, Groeipyltjie! ”

Ellie

Blogger by doitallwithellie.com en Mamma vir pragtige, borrelende tweeling Pyltjies (3 jaar oud).


"Ek hou van hoe Groeipyltjie alledaagse voorwerpe, wat ons gewoonlik by ons in die huis het, gebruik vir wonderlike aktiwiteite vir ons klein Pyltjies!"

Dalinda

Spesiale behoefte onderwyseres en Mamma aan haar kosbare en sterk klein Pyltjie (9 maande, 6 weke prematuur gebore).

'So verfrissend om 'n ruimte te vind waar jy nuttige, praktiese idees kan vind wat relevant en maklik opstel. Ek hou daarvan dat ek Groeipyltjie se aktiwiteite vir albei my kinders kan gebruik! '

Anel

Voormalige spesiale behoefte onderwyseres, buitengewone kwilter en Mamma vir twee gelukkige en geliefde klein Pyltjies (3 jaar en 18 maande oud).